Love, Joy, Peace...

1. Ons glo in God die Vader, wat na ons uitreik en met oop arms ontvang, maak nie saak wat ons gemaak het, of wat die lewe oor ons gebring het nie.

2. Ons glo Jesus Christus gesterf en weer opgestaan. Hy het Sy lewe gegee sodat ons wat Hom volg, gevlek, tog skoon kan wees.

3. Ons glo die Heilige Gees is in elkeen wat Jesus Christus volg en dat Hy ons lei deur die storms en seisoene in ons lewens.

4. Ons glo ons lewens van gebrokenheid sal eendag tot heelheid kom wanneer ons in die hemel is. Daar berei Jesus Christus vir ons ‘n plek voor om saam met Hom en die Vader vir ewig te wees.

5. Ons glo in gemeenskap van gelowiges. Dit is ‘n plek waar God mense gebruik om ons te lei, te versorg en te genees. ‘n Plek waar gebroke mense die lewe saam deel en waar God bepaal wie ek is, en nie die opinies van mense of die wêreld nie.