1. Om mekaar se motiewe te vertrou en verantwoordbaar te wees teenoor mekaar en God. (vertroue)
2. Om mekaar se broosheid en gebrokenheid te aanvaar. (aanvaarding)
3. Om mekaar te respekteer, selfs as ons in liefde van mekaar verskil. (respek)
4. Om intentioneel in liefde verhoudings te bou met mekaar, gelowiges en dié wat nog nie Jesus Christus volg nie. (goeie verhoudinge)
5. Om mekaar ruimte te gee om ons passies, gawes en roeping uit te leef.(roeping)